‘Texas’ se kos was toe die beste

Die e’Bosch-erfenisprojek het Saterdag 6 Julie sy derde Junie-Julie- vakansie­pro­gram met ’n skouspel in die Stellenbosch-stadsaal afgesluit.


Die e’Bosch-erfenisprojek het Saterdag 6 Julie sy derde Junie-Julie- vakansie­pro­gram met ’n skouspel in die Stellenbosch-stadsaal afgesluit.

Dertien van e’Bosch se 14 programme het aan die skouspel met ’n Olimpiese tema deelgeneem.

Vrydag is ’n sportdag op die Jamestown-sportterrein aangebied, maar die finale stryd is die volgende dag gehou en deelnemers het meegeding in kunsvlyt, wie die smaak­likste disse kon berei en ’n verhoogoptrede deur die verskillende dorpies.

Elke dorpie het ’n Olimpiese land of staat verteenwoordig.

Die groot wenners van die dag het in die onderskeie afdelings geskitter.

So het Idasvallei (Brasilië) die kunsvlyt- eerste prys verower en Vlottenburg (Suid-Afrika) het ’n skouspel op die verhoog opgedis en met die eerste prys weggestap.

Die deelstaat Texas (Wemmershoek) het op hul beurt die eerste prys vir die beste kos gewen.

e’Bosch is dankbaar vir die beoordelaars, koördineerders, samewerkers en borge wat bygedra het om die 2024-skoolvakansieprogram ’n sukses te maak.

  • Vir meer inligting oor e’Bosch se erfenisprojekte kan die kantoor gekontak word op WhatsApp by 061 595 4085 of besoek www.ebosch.co.za.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.