Thina Gabavana, ’n gr. 11-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, is vanjaar die wenner van die ATKV-tienertoneel se prys vir die mees belowende spel in ’n rol deur ’n meisie. Sy het verskillende rolle in Bloemhof se Uhm . . . vertolk. Die produksie was een van slegs drie wat geheel en al deur leerders op die planke gebring is en wat vanjaar tot dié gewilde toneelkompetisie se nasionale eindronde deurgedring het. Uhm . . . is ook in die volgende kategorieë benoem: beste ensemblewerk, beste klankoperateur (Liané van Vuuren), beste beligtingsoperateur (Ané Conradie), beste aktrise in ’n ondersteunende rol (Nichola Viviers) en beste regie (Nichola Viviers en Ané Conradie).