’n Minderjarige seun (14) is verlede Woensdag (12 Julie) vir die besit van dwelms en ’n ongelisensieerde vuurwapen deur die Cloetesville-polisie in hegtenis geneem. Die polisie het omstreeks 16:00 in Laststraat patrollie gedoen toe hulle die verdagte sien hardloop het. Hulle kon volgens die polisiewoordvoerder AO Zenobia Sedeman sien dat hy iets by sy maag versteek het. Dit was ’n ongelisensieerde vuurwapen. “Die verdagte is aangekeer en ’n .38 Special Taurus-rewolwer is by hom gevind. Polisiebeamptes het ook ses halwe Mandraxtablette by hom gevind en vyf .38-rondes. Die verdagte is vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en Mandraxtablette in hegtenis geneem.”Foto:
Tiener met rewolwer vas
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.