Tieners op verhoog

Die Klein Libertasteater se Tienertoneelfees is van 7 tot 10 Augustus vir die 13de keer aangebied.


Die Klein Libertasteater se Tienertoneelfees is van 7 tot 10 Augustus vir die 13de keer aangebied.

Sedert die teater in Junie 2015 afgebrand het, en nog nie herbou is nie, is die fees in 2015 by die HB Thom-teater en in 2016 en vanjaar by Hoërskool Stellenbosch aangebied.

Die beoordelaars vir hierdie jaar se fees was Stellenbosch-aktrise en televisiepersoonlikheid, Elsabé Daneel en stemkunstenaar, Johann Nel en akteur Ivan Abrahams.

Sewentien groepe van 11 skole het aan die kompetisie deelgeneem, onder meer vier groepe van Stellenbosch en volgens die beoordelaars was die standaard soos gewoonlik baie hoog. Die trofeewenners van die onderskeie afdelings is na afloop van die fees bekendgemaak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.