Prof Muller en Titia Ballot by haar etswerk getiteld “Selfportret”.


kuns

Prof Muller en Titia Ballot by haar etswerk getiteld “Selfportret”.

’n Uitstalling, getiteld “Toevlug”, van die kunswerke van Titia Ballot (née Du Toit) is op Maandag 30 September in die Hugenote-gedenkmuseum-anneks op Franschhoek deur die voorsitter van die Hugenote-vereniging, dr Andrew Kok, geopen. 

Ballot het sedert 1970 reeds 32 solo-uitstallings aangebied waarvan ’n vyftal in Duitsland en België plaasvind. Die Erepenning vir Visuele Kunste (Grafiese Kuns) is in 2008 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan haar toegeken.

Haar kunstenaarsvisie was die afgelope 32 jaar op die nalatenskap van haar Hugenote voorouers gegrond. Dit het haar telkens geïnspireer om aspekte van hervestiging en kulturele aanpassing in Suid-Afrika soos wat dit deur immigrante en hul nasate ervaar is, te verbeeld.

Haar vroeëre werke verwys spesifiek na historiese Hugenote besittings en was in die Hugenote-gedenkmuseum te sien tydens die 300-jarige Hugenotefees in 1988. Meer onlangse werke gee visuele gestalte aan die trauma van hedendaagse migrante in Suid-Afrika.

Die uitstalling duur tot 30 Oktober.

You need to be Logged In to leave a comment.