Die 2023-matriekklas van die Hoërskool Stellenbosch het Vrydag (19 Januarie) hul nasionale seniorsertifikaat-uitslae met groot vreugde ontvang. Die matrikulant Sarike Roeloffse (bo, middel) het die spesiale oomblik saam met haar ouers, Pieter en Jana, gedeel. Sarike het uitstekende uitslae verwerf en gaan vanjaar BSc Bewaringsekologie aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Sy het in die vak mariene biologie besonder goed gevaar.


’n Verheugde groep matrikulante van die Hoërskool Stellenbosch vier verlede Vrydag (15 Januarie) hul uitslae. Die skool se matriekklas van 2023 het ’n slaagsyfer van 99,1% behaalFoto: Francois Lombard

Wiaan Martin (heel links) met Theo Pellissier, die skoolhoof van die Hoërskool Stellenbosch. Wiaan was deel van die Endurocad-beursprogram en het met universiteitstoelating geslaag. Hy gaan vanjaar met ’n sportbeurs sielkunde in die VSA studeer.

You need to be Logged In to leave a comment.