Die dag self het opwindende krieket opgelewer deur die gemeenskap wat hul verborge talente op die veld ten toon gestel het.Foto:


Die Stellenbosch-krieketklub het sy jaarlikse liefdadig­heids­toernooi op 16 Desember 2021 gehou, en nege spanne het daaraan deelgeneem.

Die toernooi is dié keer ten bate van die Stellenbosch-hospies en krieketontwikkeling aangebied. Dit is onder streng Covid-19-maatreëls gehou, wat begin het met alle deelnemers wat ’n skandering moes ondergaan.

Die dag is ook voorafgegaan met die deelnemende spanne wat beloof het om ’n finansiële bydrae te lewer, wat gebruik sou word om die hospies te ondersteun.

Opwindende krieket is deur die gemeenskap gespeel, wat hul verborge talente op die veld ten toon gestel het.

Die gebruiklike spanning en opwinding was ’n groot deel van die dag en het ’n paar verrassende uitslae opgelewer.

Daar kan gewoonlik net een wenner wees, maar die 2021-titel is deur Just 4 Fun en G-Force gedeel weens die lig wat te swak geword het. Dieselfde het in die Plaat-afdeling gebeur, wat deur Team Rockets en Brave Heart Warriors gedeel is.

Talle spelers het individueel uitgeblink, onder wie Laughton Barends, Marlon Hector, Reagan Manuel en Yaseen Yakoet, wat pryse gewen het.

Die dag kon nie suksesvol gewees het sonder finansiële bydraes nie en die klub bedank alle skenkers met groot blyk van waardering.

“Hierdie bydrae maak ’n groot verskil in die klub se sosiale verantwoordelikheid aan die hospies en krieketontwikkeling. Die klub beoog om meer gereeld na die gemeenskap uit te reik,” het Biran Minnis, die klubvoorsitter, belowe.

’n Hartlike waardering word uitgespreek aan alle spanne wat deelgeneem het, die Boland-skeidsregters onder leiding van Earl Hendricks, tellinghouers en administratiewe helpers.

You need to be Logged In to leave a comment.