Tonya Schoeman (links), ’n lid van die Stellenbosch Fencing Academy, het die naweek van Vrydag 18 Augustus aan die Wes-Kaapse Skermkampioenskap by Christel House in Ottery, Kaapstad, deelgeneem. Die talentvolle 15-jarige het drie medaljes in die o.15-, o.17- en o.20-Epee-dissiplines verower. Ná ’n naelbyt-ronde van 15/14, met slegs 19 sekondes oor op die horlosie, het sy die halfeindronde gewen om na die eindstryd dring te dring. In die eindstryd het sy met 15/10 geseëvier om die o.20- goue medalje huis toe te bring. By Schoeman is haar trotse afrigter, Marius Titus.Foto: