Ruan Buhr het uitste­kend presteer en na­sio­naal die derde plek in wiskunde behaal.Foto:


Leerders aan Paul Roos Gim­na­sium het uitsonderlik goed in die nasionale matriekeksamen in 2021 presteer.

Volgens die skole-ondersteuning­sentrum se ranglys beklee Paul Roos die 10de posisie onder die 20 top-skole met die meeste onderskeidings in die land; sesde posisie onder die 20 top­skole met die meeste onderskeidings nasionaal vir Afrikaanse skole; vierde vir die meeste onderskeidings in fisiese wetenskap; tweede vir die meeste wiskunde-onderskeidings nasionaal; eerste vir die meeste onderskeidings in rekeningkunde en eerste vir die meeste onderskeidings in ingenieursgrafika en ontwerp nasionaal.

By die onlangse WKOD-prysuitdeling by Leeuwenhof ontvang Paul Roos Gimansium die volgende eerbewyse: WKOD-sertifikaat vir akademiese uitnemendheid. PRG is ook as een van die 20 top- akademiese skole in die Wes-Kaap aangewys.

PRG se Alexander van Wyk het ook die WKOD-merietelys gehaal deur een van die 20 toppresteerders in die Wes-Kaap te wees en twee ander kandidate, Ruan Buhr en Glasson Osborne, het eerbewyse ontvang vir uitnemende prestasies in wiskunde.

Van Wyk het met nege onder­skeidings ’n gemiddelde van 95,67% behaal en gaan vanjaar data-wetenskap aan die Univer­siteit Stellenbosch studeer.

Buhr het ook met nege onderskei­dings en ’n gemiddelde van 93,17% geslaag. Hy gaan ook data-wetenskap aan die US studeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article