Topkoor in S’bosch

Aanhangers van besondere Afrikaanse koorwerke kan uitsien na ’n uurlange uitvoering van musiek van twee bekende Afrikaanse komponiste, Xander Kritzinger en Pieter van der Westhuizen.


Aanhangers van besondere Afrikaanse koorwerke kan uitsien na ’n uurlange uitvoering van musiek van twee bekende Afrikaanse komponiste, Xander Kritzinger en Pieter van der Westhuizen.

Hierdie uitvoering, genaamd My siel rus, fokus grotendeels op werke van eersgenoemde komponis en sluit die toonsetting en boonop debuutuitvoering van die wonderlike liefdesgedig, “Kom vannag in my drome” deur NP van Wyk Louw, in.

Die program bied ’n kombinasie van gewyde en sekulêre musiek uit ’n vorige asook die moderne era aan die gehoor, wat verskeie temas van reis, die natuur en die rustigheid van die Karoo aanraak.

Koorinsident, ’n ad hoc-koor onder leiding van die komponis en dosent David Wolfswinkel, het in 2021 sy buiging met ’n reeks uitvoerings van Rachmaninov se Nagwaak in Afrikaans gemaak, wat met lof deur die publiek ontvang is.

Die uitvoerings word hierdie naweek – Saterdag 27 Augustus om 19:00 en Sondag 28 Augustus om 16:00 – by die Ou Konservatorium, Stellenbosch, opgevoer.

Kaartjies kan aanlyn by Quicket gekoop word teen R120 vir volwassenes en R80 vir pensioentrekkers, studente en kinders.. Lees nog oor Koorinsident by www.facebook.com/koorinsident of kontak Koorinsident by koorinsident@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.