Topleerders van PRG wen toppryse

Van Paul Roos Gimnasium se topleerders word op die jaarlikse prysuitdeling met beurse vir uitnemendheid en spesiale trofees en pryse vereer.


Van Paul Roos Gimnasium se topleerders word op die jaarlikse prysuitdeling met beurse vir uitnemendheid en spesiale trofees en pryse vereer.

Die PRG Investec Private Bank se “Out of the ordinary-prys” word toegeken aan ’n leerder wat uitstaande karaktereienskappe toon en as ’n toekomstige leier geïdentifiseer word. Hierdie jaar is die ontvanger van dié prys, Gerhard Cloete.

Die Johan Slabbert-beurs is ter nagedagtenis aan die oudrektor Johan Slabbert. Dit was sy wens dat ’n beurs in sy naam geskep word. Die Roelou Barry-entrepreneursprys word toegeken aan die leerder wat gesamentlik die hoogste punte in rekeningkunde en ekonomie kry. Gerhard Cloete het die Roelou Barry-prys gekry en die duxleerder, Paul Ellis, die Johan Slabbert-beurs.

Twee van die hoogste pryse van die aand is die James Thomas- en die rektorsprys.

James Thomas was by uitstek ’n filantroop wat sy lewe gegee het om ander mense te red. Die ontvanger van hierdie besonderse prys moet dus ’n mense- en dierevriend wees – iemand wat die lyding van ander probeer verlig, deur selfopoffering. Saam met dit moet sy belangstellings ook ’n liefde vir die natuur en veral avontuurlustige sport insluit. Hierdie is nie net ’n “goeie mens” nie, maar ’n mens wat uit sy pad sal gaan om iemand anders te help.

Hierdie besondere prys het gegaan aan Francois du Toit vir sy bydrae tot die gehalte van lewe van die personeel en leerders van Paul Roos Gimnasium.

Die rektorsprys word deur die rektor, André van Staden, toegeken aan die leerder wat die etos en waardes van Paul Roos die beste versinnebeeld en uitleef.

Die prys is aan die hoofseun van 2019, Chris Albertyn, oorhandig vir sy ongelooflike bydrae tot Paul Roos Gimnasium.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.