Die Heuwels Fantasties (foto) asook Corné Pretorius, Ampie en Early B is hierdie Saterdag, 19 Februarie, by die Biertjies-bierfees buite Stellenbosch te sien.Foto: André Badenhorst


Vier gewilde Afrikaanse musiekmakers sal dié naweek die gehoor by die Biertjies-bierfees behoorlik bekoor!

Corné Pretorius, Ampie, Die Heuwels Fantasties en Early B sal Saterdag (19 Februarie) die verhoog by Saggy Stone op die Wild Clover-plaas buite Stellenbosch betree. Die fees begin om 12:00 en vertonings vind vanaf 15:00 plaas.

Pretorius het sedert die bekendstelling van sy debuutliedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My” en “Halfvol” in 2020, Suid-Afrikaners aan die gons. Vroeg verlede jaar het hy met Die Heuwels Fantasties en Ampie kragte saamgespan om die somer-braai-liedjie “Biertjies” saam te stel. Nadat die liedjie positiewe terugvoering van aanhangers geniet het, het Pretorius vir Die Heuwels en Ampie gevra of hulle belang sou stel in die bekendstelling van ’n bier ter viering van die liedjie. De Biertjies-bier word dus ook by die fees bekend gestel, met feesgangers wat die eerste sal wees om die unieke brou te proe.

Wat die musiek betref, sal Ampie om 15:00 die gehoor vermaak, gevolg deur Pretorius (16:15), Die Heuwels Fantasties (17:15) en Early B (18:30).

Kaartjies kos R195 (volwassenes) en R95 (o.18’s) en kan aanlyn by www.howler.co.za/events/biertjies-bier-fees-9eb7 bespreek word. Kinders onder ses word gratis toegelaat.

You need to be Logged In to leave a comment.