FRIDAY 27 SEPTEMBER
Stellenbosch: The Stellenbosch Museum has a temporary exhibition of wedding dresses which can be viewed at Grosvenor House, the third house in the Village Museum complex, until the end of September. Each wedding dress on display conveys a unique story of love, tradition and cultural legacy, giving visitors an insight into the diverse historical aspects of weddings in South Africa. The Village Museum is open Monday to Saturday from 09:00 to 17:00, and Sunday from 10:00 to 16:00. For enquiries, call 021 887 2937.
Stellenbosch: Die ACVV Utopia verkoop elke laaste Vrydag van die maand vars skons – gebak en gepak deur sy sjef. Die verkope begin om 10:30 by die tehuis se hoofingang by Dorpstraat 162. Kom kry ’n skon en geniet die prag van die Moederkerk se argitektuur en die Kweekskool se asemrowende tuin.
SATERDAG 28 SEPTEMBER
Jamestown: Die dorpie van Jamestown, destyds bekend vir sy aarbeie en ryk geskiedenis, vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar en nooi almal om saam fees te kom vier. Die Jamestown-stigting hou vir dié verjaarsdag ’n dag gevul met verskeie feestelike aktiwiteite. Die dag begin met ’n erfenis-staptoer om 10:00 en daarna word foto’s by die Ou Skoolsaal geneem. Van 12:00 tot 15:30 maak Jamestown se museum sy deure vir besoekers oop. Om 16:00 vind ’n paneelbespreking oor die beskerming van die dorpie se erfenis in ’n veranderde landskap plaas. Belangstellendes kom die oggend by die Ou Skoolsaal byeen om ’n dag van eeufees-feesvieringe met die inwoners van Jamestown te deel.
Stellenbosch: The Cape Town Opera Chorus presents Horizons at the Endler Hall at 17:00 in as part of the Toyota Stellenbosch Woordfees. The distinctly South African programme, with musical direction by José Dias, will feature works by 14 composers including Michael Moerane, Péter Louis van Dijk, Mzilikazi Khumalo, Clare Loveday, Mpumelelo Manyathi and Pieter Bezuidenhout. Tickets can be booked online through Quicket.
Stellenbosch: Die akteurs van die TV-sepie Kelders van Geheime is om 17:00 en 20:00, as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, by die Hoër Meisieskool Bloemhof te sien in Kelders se Geheim. Die vertoning is ’n verrassende vertoonkas van versteekte talente, waar die gehoor saam met die Soebatsklowers probeer om Charles Marais sr. se laaste geheim op te los. Riana Alfreds, Jolene Martin, Rushney Ferguson, Cedwyn Joel, David Chevers, Zak Hendrikz, Geon Nel, Abduragman Adams, Vinette Ebrahim, Brümilda van Rensburg, Sandra Prinsloo en Veronique Jephtas is in die vertoning, onder leiding van regisseur Janice Honeyman en musiek-regisseur Janine Neethling te sien. Kaartjies is aanlyn deur Quicket te koop.
SUNDAY 29 SEPTEMBER
Stellenbosch: The Mudita Foundation hosts its Serenity Fun Run at the Blaauwklippen Wine Estate. Participants can choose between a 6 km or 10 km run, both starting at 08:00. Late registration is available from 06:30, with fees set at R75 for adults and R55 for children under 14 for the 6 km run, and R95 for adults and R75 for children under 14 for the 10 km run. The first 100 finishers will receive medals, and prizes will be awarded to the winners of each run. For more information, visit the foundation’s Facebook page.
MAANDAG 30 SEPTEMBER
Stellenbosch: Die NG kerk-argief is vanjaar deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees en bied vyf diskoerssessies in die kapel van die Universiteit Stellenbosch se fakulteit teologie aan. Die eerste sessie vind Maandag 30 September om 11:00 plaas, wanneer argiefbestuurder en spesialisgenealoog Andrew Kok wys hoe jy jou familiegeskiedenis kan opspoor. Die res van die program is soos volg: Amy Rommelspracher gesels oor kosstories van pioniersendelinge (Dinsdag 1 Oktober, 11:00); Esté Kotzé en Lizelle Smit neem bywoners op ’n reis saam met drie boerekapelane tydens die Anglo-Boereoorlog (Woensdag 2 Oktober, 11:00). Andrew Murray: Untold story of a vulnerable father word deur Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert (baskitaar) vertel (Donderdag 3 Oktober, 10:00 en 17:00); en Isabel Murray, Devandré Boonzaaier en Carlo Louw sluit die reeks af met ’n sessie oor musiekgeskiedenis (Vrydag 4 Oktober, 11:00. Kaartjies vir al die gesprekke en vertonings is aanlyn deur Quicket beskikbaar.
DINSDAG 1 OKTOBER
Stellenbosch: Eendagsvlieg en ander vlietende gedagtes, ’n huldeblyk aan die digter Rosa Keet, word in Oktober as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees by die Drostdy-teater in Stellenbosch aangebied. In die vertoning word gedigte uit Keet se bundels plus haar tot nou ongepubliseerde werk verweef in ’n “storie” wat voorgelees sal word deur Anna-Mart van der Merwe en Henriëtta Gryffenberg. Vertonings word om 10:00 Dinsdag 1 tot Donderdag 3 by die teater te sien. Kaartjies is aanlyn deur Quicket of by die Woordfees-kaartjieskantoor by Erfurthuis in Ryneveldstraat te koop.
THURSDAY 3 OCTOBER
Stellenbosch: Stellenbosch Alcoholics Anonymous as well as the Al-Anon group meet in the rooms of the Stellenbosch Baptist church at 6 Merriman Avenue every Thursday at 19:30.
DINSDAG 8 OKTOBER
Stellenbosch: Die Stellenbosch-sakeforum nooi die publiek na ’n praatjie deur parlementslid Ian Cameron, voorsitter van die Portefeuljekomitee vir Polisie, by die Root44-mark om 18:30. Cameron se praatjie sal handel oor die impak van openbare deelname op die veiligheid in gemeenskappe. Belangstellendes moet teen Donderdag 3 Oktober hul plekke bespreek by stellenboschbusinessforum.org.za.
THURSDAY 10 OCTOBER
Stellenbosch: ACVV Stellenbosch invites stakeholders, interested parties and journalists to attend its annual general meeting and the celebration of 120 years of excellence at the ACVV Centre in Merriman Avenue. RSVP by emailing ontvangs@acvvstell.org.za by Monday 7 October.
THURSDAY 17 OCTOBER
Stellenbosch: The monthly meeting and speakathon of Stellenbosch Toastmasters will be held at Erfurthuis at 37 Ryneveldt Street at 18:30. The meeting is open to the public. For more information, contact Thamu on 076 606 0038 or stellenboschtoastmasters@gmail.com.
SATERDAG 19 OKTOBER
Pniël: Die ATKV-onderwysafdeling en die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) vier onderwysers en gee erkenning aan die uitnemende werk wat deur onderwysers oor die wêreld heen gedoen word deur ’n glansgeleentheid aan te bied. Die geleentheid beloof om onderwysers te bederf met optredes van sprekers, gaskunstenaars en ’n driegangmaaltyd. Beperkte kaartjies is nog beskikbaar. Kontak André Hendricks, die projekorganiseerder by ATKV-onderwys, by 082 411 1333 vir besprekings en meer inligting oor dié dag.
SONDAG 27 OKTOBER
Stellenbosch: Luna Paige tree om 15:00 by die Daisy Jones-kroeg op die Summerhill-landgoed as deel van haar Tuiskoms-toer op. Die konsert bied musiekliefhebbers die geleentheid om haar musiek in sy mees outentieke en rou vorm te ervaar. Haar twee nuutste albums, Dis die dors en Harmony, asook spesiale Luna Paige-notaboeke sal ná die vertoning te koop wees. Die deure open om 13:00. Kaartjies, teen R175 elk, kan aanlyn by Quicket gekoop word.