VRYDAG 30 AUGUSTUS
Stellenbosch: Die ACVV Utopia verkoop elke laaste Vrydag van die maand vars skons – gebak en gepak deur sy sjef. Die verkope begin om 10:30 by die tehuis se hoofingang by Dorpstraat 162. Kom kry ’n skon en geniet die prag van die Moederkerk se argitektuur en die Kweekskool se asemrowende tuin.
SATERDAG 31 AUGUSTUS
Stellenbosch: Die Fynbos- en kultuur-mark word elke Saterdag van 09:00 tot 15:00 by die Voorgelegen-gebou by Dorpstraat 116 aangebied. Kontak Ina by 066 179 9063 vir meer inligting.
Stellenbosch: Die e’Bosch-erfenisprojek bied ’n stedelike-tuine-werkssessie (urban gardens workshop) van 11:00 tot 13:00 by die Mariendahl-proefplaas by Elsenburg-kollege aan. Prof. Elsje Pieterse van die Universiteit Stellenbosch sal die plant van saailinge demonstreer. Vir meer inligting, kontak Belinda by heritage.ebosch@gmail.com of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 061 595 4085.
Stellenbosch: Prof Thuli Madonsela and the Endler Concert Series will present a special event in support of the #Action4Inclusion initiative, a fundraising project to help Stellenbosch University students with financial aid. The concert, which is hosted by the esteemed advocate and social-justice champion, will feature a captivating performance by the renowned Palissander Chamber Choir and Nic Miso. It will be held at the Endler Hall at 15:00. Tickets, at R150 each, can be booked online through Webtickets.
THURSDAY 5 SEPTEMBER
Stellenbosch: Stellenbosch Alcoholics Anonymous as well as the Al-Anon group meet in the rooms of the Stellenbosch Baptist church at 6 Merriman Avenue every Thursday at 19:30.
FRIDAY 6 SEPTEMBER
Stellenbosch: The annual general meeting of Meals on Wheels Community Services Western Cape will be held at the Technopark Protea Hotel from 10:30 to 12:30. The agenda will include the following: reading of the previous AGM minutes; the annual report; the audited financial statements of 2023-’24; the budget for 2024-’25; the appointment of the auditors, and the new board. For more information, email sisa@mealsonwheelswc.org.za.
MAANDAG 9 TOT VRYDAG 13 SEPTEMBER
Stellenbosch: Die tweede jaarlikse Simposium van Suid-Afrikaanse Komponiste (SoSAC) word by die US Konservatorium deur SAComposers aangebied. Die week se verrigtinge sluit 14 sessies en gebeurtenisse in, sowel as daaglikse werksessies, meesterklasse, interaktiewe sessies en aandkonserte met gaskunstenaars. Kaartjies vir individuele konserte is teen R165 (algemene toegang), R125 (pensioentrekkers), en R60 (studente) beskikbaar. Feeskaartjies, met toegang tot alle gebeurtenisse en sessies, kos R990 of R490 vir studente. Bespreek aanlyn by www.webtickets.co.za.
WOENSDAG 11 SEPTEMBER
Stellenbosch: Die jaarlikse Rektor/Burgemeester- e’Bosch-erfenistoekennings word aangebied. Vanjaar word inwoners van die 13 dorpies gevra om ondernemings of organisasies te benoem wat vir langer as ’n dekade ’n bydrae in kultuur en erfenis in hul gemeenskappe lewer. Die benoemingsperiode het Vrydag 23 Augustus gesluit. Kontak E’Bosch per e-pos by heritge.ebosch@gmail.com of per WhatsApp by 061 595 4085 vir nog inligting.
DONDERDAG 12 SEPTEMBER
Stellenbosch: Die gewilde kunstenaar Jannie du Toit en ’n groep van sy musikale vriende bied om 20:15 ’n spesiale geldinsamelingskonsert ten bate van die nasionale raad van en vir mense met gestremdhede (NCPD) by die Drostdy-teater aan. Benewens treffers uit Du Toit se eie repertoire, sal kunstenaars by hom aansluit om die gehoor te vermaak met sang, harmonie en klavier-, fluit- en kitaarspel. Sy bekende musikale vriende sluit in Laurinda Hofmeyr, Philomène en Fearika Heyns, Riël, Lars, Karin en Tanja Franzsen, asook Dirk Aldrich, Annelie du Plessis-Hoberg en Gerhard Niemand. Kaartjies kos R220 of R190 vir pensioentrekkers en onder 21’s en is aanlyn deur Webtickets beskikbaar.
MAANDAG 16 SEPTEMBER
Stellenbosch: Die Jeuguitreik Kinder- en Jeugsorgsentrum hou sy jaarvergadering om 16:30 by Bell House, op die hoek van Porter- en Birdstraat. Die sentrum bestuur twee kinderhuise asook twee inval-sentrums vir hulpbehoewende kinders van Stellenbosch – een by Bell House en een in die Mountainview-informele nedersetting in Jamestown. Die Stellenbosch-gemeenskap word genooi om geskikte mense te benoem om in die organisasie se direksie te dien. Direksielede is vrywilligers wat hul tyd en kundigheid tot beskikking van die organisasie stel, wat kinders in nood bystaan. Die jaarverslag en geouditeerde state sal ook bespreek word. Belangstellendes kan hul plek bespreek en benoemings vir die direksie per e-pos na yo.stellenbosch@gmail.com stuur.
THURSDAY 19 SEPTEMBER
Stellenbosch: The monthly meeting and speakathon of Stellenbosch Toastmasters will be held at Erfurthuis at 37 Ryneveldt Street at 18:30. The meeting is open to the public. For more information, contact Thamu Mnyulwa on 076 606 0038 or stellenboschtoastmasters@gmail.com.
SUNDAY 29 SEPTEMBER
Stellenbosch: The Mudita Foundation hosts its Serenity Fun Run at the Blaauwklippen Wine Estate. Participants can choose between a 6 km or 10 km run, both starting at 08:00. Late registration is available from 06:30, with fees set at R75 for adults and R55 for children under 14 for the 6 km run, and R95 for adults and R75 for children under 14 for the 10 km run. The first 100 finishers will receive medals, and prizes will be awarded to the winners of each run. Additionally, spot prizes will be up for grabs. For more information call 060 509 2098 or visit the foundation’s Facebook page.