Marlo Minnaar het die trofee vir Beste Speler (manlik) ontvang vir sy vertoning in Die halwe huis.

Nardus Engelbrecht

Die wenners van die 2022- Toyota US Woordfees-Woordtrofees-pryse is Donderdagaand 10 November by ’n geleentheid by Johannesdal 1207 aangewys.

Die wenners het elkeen ’n oorkonde en ’n geldprys ontvang.

Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Conroy Cupido, Jefferson DirksKorkee, Gustav Franzsen, Geoff Hyland, Athina Jansen, Rafiek Mammon, Jill Markram, Gary Naidoo, Jennie Reznek, Francois Tredoux, Naudé van der Merwe, Robin van Wyk en Maria Vos.

Woordfees

Sandra Prinsloo het die trofee vir Beste Speler (vroulik) ontvang vir haar vertoning in Die Moeder Foto: Nardus Engelbrecht

“Die eerste Woordfees in lewende lywe sedert 2020 het groot én intieme werke op die planke gehad – werke wat mense tot trane geroer het en werke wat jou uit jou maag laat lag het – ’n onvergeetlike uitdrukking van daardie onbreekbare band tussen die uitvoerende kunste en ons geleefde ervarings,” het Mitchell gesê.

“Hoewel die fees vanjaar kleiner was, was dit alles behalwe minder van ’n uitdaging vir paneellede om op die benoemings in die onderskeie kategorieë ooreen te kom. Produksiestandaarde was hoog en die mededinging straf tussen werke wat ’n verskeidenheid onderwerpe en kwessies met groot sensitiwiteit en opwindende kreatiwiteit aangepak het,” het sy bygevoeg.

Die Toyota US Woordfees het ook spesiale pryse aan rolspelers toegeken met die “In Verbondheid”-prys wat erkenning gee aan rolspelers wat in die kunste oor grense, onvermoeid en dikwels vir min of geen vergoeding nie, werk om groter sosiale kohesie te bewerkstellig. Die In Verbondenheid-prys word moontlik gemaak danksy die steun van Distell.

Vorige wenners sluit in Simon Witbooi (HemelBesem), Janine Neethling, Felicia Lesch en Amelda Brand.

Die In Verbondenheid-prys het vanjaar aan Lee-Ann van Rooi gegaan en die Feesheld-prys aan Marlise Serfontein vir haar bydrae tot die fees.

Woordfees

Jacobus de Jager is aangewys as die Beste Opkomende Kunstenaar.

Die wenners is:

Die boekpryswenners vir die beste verkope in vier verskillende kategorieë:  

  • Niefiksie: TJ Strydom – Koos Bekker’s Billions
  • Leefstyl: Louis Jansen van Vuuren en Isabella Niehaus – Daar’s ’n vegan op my verandah
  • Poësie: Antjie Krog – Plunder
  • Fiksie: Irma Venter – Die verkeerde vrou

WOW-onderwyser van die jaar: Jeremy Claassen

WOW-skool van die jaar: Wesbank Sekondêr

Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant): Willem Bester

Beste prestasie tegnies: Die moeder

Beste opkomende kunstenaar: Jacobus de Jager – Bach (to a) Blast! (dirigent)

Klassieke musiek

  • Beste prestasie, Klassieke musiek – vokaal: Handel at Home
  • Beste prestasie, Klassieke musiek – instrumentaal: Late (and Last) Works of Schubert, Brahms and Debussy

Kontemporêre musiek

  • Beste prestasie, kontemporêre musiekproduksie (podium) – solo/duogedrewe: Skoonveld
  • Kontemporê Beste prestasie, kontemporêre musiekproduksie (podium) – ensemble: Kitaarkonings
  • Beste prestasie, kontemporêre musiekproduksie – buitelug: Francois van Coke

Dans

  • Beste prestasie, dans: Manacan & Jazzart Dance Theatre – Survive

Spesiale pryse

In Verbondenheid-prys: Lee-Ann van Rooi

Feesheld: Marlise Serfontein

Toneel

  • Beste debuutteks: Jason Jacobs – Kraal 
  • Beste byspeler (manlik): Dawid Minnaar – Die moeder  
  • Beste byspeler (vroulik): Ashley de Lange – Die moeder
  • Beste speler (manlik): Marlo Minnaar –  Die halwe huis
  • Beste speler (vroulik): Sandra Prinsloo – Die moeder
  • Beste ensemble: Die sewe doodsondes – Die geselskap
  • Beste regisseur: Matthew Wild – Die sewe doodsondes
  • Beste toneelstuk: Die moeder

You need to be Logged In to leave a comment.