Trekklavierdag vier #trots Suid-Afrikaans

Wêreld-trekklavierdag word op 5 Mei gevier en op dié dag gaan groot feesvieringe by die Drostdy-teater in Stellenbosch plaasvind, wat dit een van die hoogtepunte op die plaaslike musiekkalender sal maak. Dié dag word jaarliks wêreldwyd gevier en gaan


Wêreld-trekklavierdag word op 5 Mei gevier en op dié dag gaan groot feesvieringe by die Drostdy-teater in Stellenbosch plaasvind, wat dit een van die hoogtepunte op die plaaslike musiekkalender sal maak. Dié dag word jaarliks wêreldwyd gevier en gaan vanjaar trots Suid-Afrikaans wees.

Die seremoniemeester is die befaamde aktrise Nicole Holm.

Die geleentheid word georganiseer deur Safra – die Suid-Afrikaanse vrye-riet-instrument-vereniging. Safra is met die internasionale akkordeonorganisasie in Frankryk geaffilieer.

Die trekklavier staan ook bekend as die akkordeon, pensklavier en pensorrel. Die Nederlanders praat van ’n trekzak. Die Sotho’s is mal oor hul koriana’s. Die Skotte noem dié instrument ’n box.

Die trekklavier is vanjaar 195 jaar oud. Cyrill Demian, ’n Armeen wat in Wene gewoon het, het die akkordeon in 1829 gepatenteer. Die instrument het kort voor lank in Suid-Afrika beland.

Vandag word die akkordeon wêreldwyd in verskeie genres gebruik. Talle lande assosieer die trekklavier met hul eie volksmusiek. Met die ontwikkeling van tegnologie het die trekklavier se klank, duursaamheid en veelsydigheid aanhou ontwikkel.

Tydens die ekspo op 5 Mei sal die publiek toegang hê tot “alles trekklavier” – boeke, CD’s, skouerbande en instrumente, ’n museum-uitstalling, navrae oor restourasie en trekklaviere.

Kaartjies sluit in ’n smaaklike ete waarna gaste meegesleur sal word deur die pragtige klanke van verskeie trekklavierspelers, onder wie André van Vuuren, Babette en Olga en Leon Albert Oosthuizen, wat tydens die 2022- FIFA-wêreldbekertoernooi in Katar opgetree het.

Kaartjies is verkrygbaar by Webtickets, en kos vanaf R310, is alles-insluitend en verskaf toegang tot die hele geleentheid – ete, ekspo en konsert.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.