Salmay Hindle en Talyah Greyling, twee matrikulante aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het reeds in 2018 opstelle vir die Nedbank en Wes-Kaap se tesourie se opstelkompetisie gestuur en is as finaliste aangewys. In die eindronde moes hulle saam met 24 ander finaliste hul bevindings by ’n aanbieding aan die beoordelaars voorlê. Talyah?is as een van die Nedbank-beurswenners aangewys, terwyl?Salmay?een van die finaliste is wat ’n kontantprys ontvang het. Foto: Stephan Meyer