Tuine help talle om die pot aan die kook te hou en is die afgelope jare deur die Stellenbsoch-munisipaliteit se Grant-in-Aid-fonds bygestaan. Onder die tuine wat by die fonds gebaat het, is gemeenskapstuine en die onlangs gestigte saailingkwekery, wat in die Eikestad wortelgeskiet het. Altesaam 12 van hierdie tuine is gemeenskapsvoedseltuine, 120 is agterplaas-tuine en 24 van die tuine wat groente en vrugte kweek, is aan vroeëkinderontwikkelingsentrums verbonde. Die burgemeester, Jeremy Fasser, het vandeesweek van die tuine besoek. Volgens die munisipaliteit is die tuine meer as net erwe, maar ‘n geleentheid vir bemagtiging en opvoeding, en bied ook ekonomiese geleenthede. Foto: Stellenbosch-munsipaliteit/Facebook

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article