Die Dwarsriviervallei-gemeenskapsontwikkelingstrust en forums van Kylemore, Johannesdal, Pniël, Lanquedoc en Meerlust Groot-Drakenstein nooi inwoners in die Dwarsrivier om met hulle in vennootskap te tree.
Die trust en forum beoog om voedseltuine op ’n gedeelte van die trust-terrein te vestig en belangstellendes kan aan die projek deelneem. Die sluitingsdatum vir belangstellendes om aan te sluit is Saterdag (31 Augustus). Hierna word aansluitings by die projek elke 12 maande hersien.
Die bestuur vra die gemeenskap om op georganiseerde wyse deel te neem en die volgende mense te kontak:
. Meerlust en Johannesdal – Eugene Keet by 079 078 9562;
. Kylemore – Brian Smith by 073 092 3217;
. Lanquedoc – Marius Krediet by 071 876 6590; eb
. Pniël – David Morris by 082 884 0030.