Tunes Rehearsal and Recording Studio in Stellenbosch hou hierdie Saterdag (3 September) die eerste Tunes Studio-optrede sedert die pandemie in 2020 die wêreld omvergegooi het. Die geleentheid word by Aandklas Stellenbosch gehou, en die musiekgroepe, The Gambles, SNAFU en De Wallen, sal die verhoog betree. Die toegangsfooi is R60 per persoon en die deur open om 19:00. Tunes Studio bied reeds 13 jaar lank ’n tuiste vir musiekaktiwiteite in Stellenbosch aan – van musieklesse tot opnames, musiekoefen- sowel as videofasiliteite en meer is by Tunes Studio te vinde.Foto: Z. Steyn