’n Hyundai-bakkie het Dinsdagoggend vroeg reg van voor teen ’n ander bakkie op die R44, rigting Klapmuts, gebots. Volgens die woordvoerder Deanna February is die Wes-Kaapse departement van gesondheid se nooddienste na die toneel ontbied – dit nadat hul nooddienste-bestuurder toevallig omstreeks 07:00, net ná Laibach-plaas, op die toneel afgekom het. Hy het laat weet: “Een pasiënt wat ernstige beserings opgedoen het, is in die voertuig vasgevang en moes toe met reddingskake verwyder word. Die pasiënt is na Paarl Mediclinic geneem.” Geen ander beserings of sterftes is aangemeld nie.
Twee bakkies bots op R44
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.