Die agtste Nasionale Onderwys-uitnemendheidsprysuitdeling is op 7 April by ’n glansgeleentheid in Durban aangebied waar die minister van basiese onderwys die drie bespresterende kwintiel 5-skole aangewys het (kwintiel 5-skole is skole wat die meeste toegang tot hulpbronne het en al drie dié skole is in die Wes-Kaap).
In die eerste plek is Westerford High School, Rhenish Girls’ High School is tweede en die Hoër Meisieskool Bloemhof derde.
Die twee plaaslike skole is trots om deur die departement vereer te word – nie net omdat hulle buurskole is nie, maar omdat hulle ’n gees van uitsonderlikheid, respek en integriteit as grondslag deel.
Rhenish het ’n gemiddelde van 4,27 A’s per kandidaat in 2021 se nasionale eksamen behaal terwyl Bloemhof 4,09 behaal het.