Twee vas oor smokkel

’n Man van 43 jaar is die afge­lope naweek in Meerlusbosbou in Groot Drakenstein weens die besit van dwelms in hegtenis geneem en ’n 35-jarige vrou is weens die onwettige handel in drank aangekeer.


’n Man van 43 jaar is die afge­lope naweek in Meerlusbosbou in Groot Drakenstein weens die besit van dwelms in hegtenis geneem en ’n 35-jarige vrou is weens die onwettige handel in drank aangekeer.

Volgens sers. Charlene Pietersen, ’n woordvoerder van die Groot Drakenstein-polisie, het beamptes Saterdag (6 Augustus) ’n lasbrief uitgevoer toe die verdagte in hegtenis geneem is. Pietersen sê die man het Maandag in Franschhoek in die hof verskyn.

“Hy is vrygelaat, want die dwelms is na die laboratorium gestuur om te toets of dit regtig dwelms is,” het Pietersen gesê.

Die saak sal hervat word as die uitslae bewys dit is dwelms.

In ’n afsonderlike voorval is ’n 35-jarige vrou vir onwettige handel in drank in hegtenis geneem. Pietersen sê die vrou is in Kylemore deur die Groot Drakenstein-polisie aangekeer nadat die polisie op 83,87 liter drank beslag gelê het.

“Sy is Maandag in die Stellenbosch-landdroshof op borgtog vrygelaat.”

.
On Saturday (6 August) Groot Drakenstein police arrested a 43-year-old man for being in possession of drugs, and a 35-year-old woman for the illegal trade in liquor.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.