‘n Tweede verdagte is in verband met die moord op ‘n 86-jarige man van Stellenbosch gearresteer.
Brigadier Zithulele Dladla van Stellenbosch SAPD het vanoggend gesê die verdagte is gister in hegtenis geneem.
Daar is vermoedelik nog ‘n verdagte op vrye voet.
Beide die verdagtes wat reeds gearresteer is verskyn volgende week in Stellenbosch-landdroshof.
Nico Geldenhuys se lyk is Dinsdagoggend in sy woonstel by die Molenhof-aftreeoord oorkant die NG Stellenbosch-Wes gevind.
Geldenhuys se motor is skynbaar tydens die voorval gesteel, maar is gister deur die polisie opgespoor.
Dit is nie seker of ander items uit die oorledene se huis gesteel is nie of hoe toegang tot die huis verkry is nie.