Tweekamp, word gereeld gesê, is voorwaar ’n sport vir jonk en oud. By die onlangse Boland-Tweekamp-ligabyeenkoms in Bonnievale op Saterdag 7 Desember het van sewejariges tot mans ouer as 70 jaar deelgeneem. Onder die oudste atlete was die oud-Paul Roos Gimnasium- onderwyser Coenie van Vuuren van Stellenbosch, wat as meestersatleet steeds ’n 400 m in 1:47,70 kafdraf en saam met sy 50 m-swemitem ’n stewige puntetelling van 2 043 ingesamel het. Die volgende ligabyeenkoms is op Saterdag 18 Januarie by Paarl Gimnasium. Vir meer inligting oor die sport, besoek www.bolandtwee­kamp.org.za. Foto: Engela Duvenage