Vrydag (12 April) was ’n blye dag in Idasvallei Primêr se geskiedenis toe die skool ná meer as vier dekades uiteindelik ’n skoolsaal gekry het. Die skoolsaal is deur Atuba-konstruksie gebou. Die skoolhoof, Anton Gordon, nooi nou die gemeenskap, alumni en sakelui om te help om die saal tot voordeel van die leerders met verhooggordyne, klanktoerusting en ander toerusting toe te rus. Jerome Joshue (kontrakbestuurder), die adjunkhoof Zachary Snyder, Gordon, Eddie van Niekerk (konstruksiebestuurder) en Naas Zaayman, die direkteur van Atuba, was byderhand om die sleutels amptelik te oorhandig. Foto: Yaël Malgas