Van bladsy 1

“Ek veroordeel die onwettige aktiwiteite wat by hierdie eiendom plaasvind en het voorheen opdrag gegee om toepaslike maatreëls te tref om te verseker dat daar nie meer onwettige besetting en aktiwiteite by die eiendom plaasvind nie. Die departement het verskeie maatreëls ingestel om die saak op te los, soos om die eiendom te omhein om toegang te beperk en veiligheidswagte aan te stel om die aantal bewoners by die eiendom te beperk. Die departement het ook ’n proses begin om die onwettige bewoners uit te sit, waarna die eiendom óf aan ’n gebruikersafdeling toegewys sal word óf verhuur sal word,” voeg sy by.

Die departement het op 20 November 2021 kennisgewings aan die besetters uitgereik om die perseel teen 23 Desember te ontruim, maar slegs een bewoner het die eiendom ontruim. Die res beset steeds die eiendom.

Die saak is nou, volgens De Lille, aan die departement se regsdienste oorhandig om met ’n uitsettingsproses voort te gaan.

“Ons doen ’n beroep op gemeenskappe om te help om eiendomme in staatsbesit te beskerm deur enige onwettige aktiwiteite aan te meld sodat ons kan optree en verseker dat ons openbare eiendom beskerm en verseker dat openbare grond en openbare geboue vir openbare belang gebruik word.”

You need to be Logged In to leave a comment.