Uitstalling belig Eikestadse dorpe

’n Uitstalling, Die dorpies van Stellenbosch, is onlangs by die Stellenbosch Village Museum in Dorpstraat bekendgestel.

’n Uitstalling, Die dorpies van Stellenbosch, is onlangs by die Stellenbosch Village Museum in Dorpstraat bekendgestel.

Die uitstalling is deur die kultuurhistorikus, museumkundige en erfeniskonsultant prof. Matilda Burden, ’n emeritus-professor aan die Universiteit Stellenbosch, saamgestel.

Dorpies

Burden sê sy het in die uitstalling gebruik gemaak van gewelontwerpe – nie omdat dit noodwendig tipies van ’n bepaalde dorpie is nie, maar omdat dit tipies is van Stellenbosch en die Wynlande.

“ ’n Deurslaggewende vraag met ’n titel soos vir hierdie uitstalling, Die dorpies van Stellenbosch, is gewoonlik ‘wat kwalifiseer as ’n dorpie;’ of ‘hoekom is ons nie ook ingesluit nie?’ Dit het nie ’n maklike antwoord nie. e’Bosch het nou al 14 dorpies van Stellenbosch geïdentifiseer, maar ons het ons bepaal by plekkies met ’n bestaande infrastruktuur – strate, huise, kerke, skole en miskien ’n paar sakeondernemings. Ons het by nege uitgekom, wat natuurlik ook Stellenbosch-Sentraal insluit. Dit is die maksimum wat ons in die lokaal waar die uitstalling ingerig is, kon huisves. So, mense moet maar asseblief nie te kwaad wees as hulle voel hulle het ’n dorpie en is nie by name in die uitstalling ingesluit nie,” het Burden gesê.

Burden sê sy het in die uitstalling gebruik gemaak van gewelontwerpe – nie omdat dit noodwendig tipies van ’n bepaalde dorpie is nie, maar omdat dit tipies is van Stellenbosch en die Wynlande. “U sal waarskynlik verbaas wees om te weet hoeveel van die gewels wel in die meeste van die dorpies voorkom. Dit verleen maar net ’n uniekheid aan die uitstalling, wat deel vorm van die artistieke aanslag waarna enige uitstalling sekerlik behoort te streef. Ek gaan nie meer daaroor sê nie – u moet maar kom kyk.

“Om nie enige dorpie op ’n onbeplande manier te bevoordeel nie, was die voor-die-hand-liggende volgorde om hulle volgens die ontstaandatum te plaas, en daarná is die gewelontwerpe toegeken, volgens waar dit die beste in die lokaal sou vertoon,” voeg sy by.

“ ’n Belangrike saak wat verduideliking verg, is die spelling van die naam Khayamandi. Op baie tekens word die naam sonder ’n h gespel, dus ‘Kayamandi’, en dit is wat baie mense as die korrekte spelling beskou. Ons het wel met die taalspesialiste en ook die ouer inwoners van Khayamandi gekontroleer, wat almal bevestig het dat dit mét die h gespel word, daarom is besluit om die spelling in ooreenstemming te hou met die h.”

Kom kyk en leer meer oor Die dorpies van Stellenbosch. 
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.