Die 1,7 hektaar grootte tuin — wat in 1922 gestig is – is in die middel van Stellenbosch, geleë in die Kaapse blommestreek, spesifiek binne die uiters bedreigde laagland-ekosisteme van die wynboustreke.


Die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin (USBT) – die oudste akademiese botaniese tuin in Suid-Afrika – vier vanjaar sy eeufees tydens die US Toyota Woordfees van 7 tot 15 Oktober met ‘n spesiale weeklange fees: die Stellenbosch Flora Fees (SFF).

Besoekers aan die fees gaan nie net die tuin se ongelooflike impak op bewaring, opvoeding en akademiese ondersteuning kan ervaar nie, maar ook die onlangse infrastruktuur-opgraderings besigtig en die kans kry om te ontspan, kuns te skep, pret te hê, iets nuuts te leer en ontdek.

Stellenbosch

Die 1,7 hektaar grootte tuin — wat in 1922 gestig is – is in die middel van Stellenbosch, geleë in die Kaapse blommestreek, spesifiek binne die uiters bedreigde laagland-ekosisteme van die wynboustreke.

Dit is die eerste van ‘n jaarlikse gebeurtenis om ook geld in te samel om die USBT se Florafonds te laat groei – ‘n fonds wat bewaringswerk ondersteun.

Dr Donovan Kirkwood, die USBT se kurator, sê: “Ons is opgewonde om met hierdie unieke fees te wys wat ons oor die afgelope honderd jaar in die tuin vermag het. Ons nooi graag Stellenbosch se gemeenskap uit om te kom deelneem aan die aktiwiteite wat ons beplan het en om te sien wat die tuin kan bied.”

Die 1,7 hektaar grootte tuin — wat in 1922 gestig is – is in die middel van Stellenbosch, geleë in die Kaapse blommestreek, spesifiek binne die uiters bedreigde laagland-ekosisteme van die wynboustreke.

Die SUBT se impak op plant- en habitatbewaring is sigbaar in verskeie inisiatiewe. As ‘n akademiese tuin – ‘n tuin van onderrig – wat die US se hulpbronne en belanghebbendes wesenlik ondersteun en finansier, ondersteun die tuin ook belynde akademiese werk. Op sy beurt, dra die akademiese kundigheid in die omgewing geweldige waarde, navorsing en bewaringsversamelings en opvoedkundige inhoud by.

“Die SUBT bewaar nie slegs sleutel-lewende versamelings wat langtermyn-navorsingsprogramme aan die US ondersteun nie; dit is ook die perfekte plek om die fassinerende en verwante navorsingswerk wat gedoen word ten toon te stel. Ons wêreldklas lewende Oxalis-versameling en baie ander projekte is slegs moontlik vanweë die samewerking tussen SUBT en die Universiteit Stellenbosch se akademiese kollegas,” sê Kirkwood.

Die USBT het tans byna 300 bewaringsgraad-versamelings van spesies wat die werklike risiko loop om uit te sterf. Die meeste van hulle is afkomstig van die onmiddellik aangrensende wynlande. Anders as die meeste botaniese versamelings in Suid-Afrika of wêreldwyd, voldoen die USBT se ex-situ bewaringsversamelings aan wêreldwye beste praktykkriteria in terme van bevolkingsteekproefneming en versamelingsbestuur.

Deur een van Kirkwood se opvoedkundige tuintoere mee te maak kan mens gou verstaan hoekom hierdie tuin een van Suid-Afrika se voorste botaniese tuine is wat bedreigings vir plant- en habitatoorlewing aanspreek deur opvoeding, navorsing en bewaring. Sy passie vir, en toewyding tot die bou van hierdie spesiale tuin, is duidelik te bespeur – aldus die diegene wat internskappe doen, personeel, dosente en studente wat daagliks saam met hom werk. Dis ‘n passie wat in elke deel van hierdie uniek aangelegde tuin afspeel.

“In die bestek van slegs vyf jaar is ek eintlik verstom dat ek daarin kon slaag om ons span te laat groei en werklik betekenisvolle vordering te maak in die rigting van globale ex-situ-bewaringsteikens, terwyl ons ook verskeie groot infrastruktuuropgraderings voltooi het of ‘n begin daarmee kon maak. Dit is soveel meer vordering as wat ek moontlik op gehoop het, en ek is so dankbaar vir ons wonderlike personeel en kollegas in Suncom en die lewenswetenskappe departemente wat die tuin so entoesiasties ondersteun,” sê Kirkwood.

Meer oor die 2023-feesprogram

Besoekers kan daagliks kom deel in die tuin se feesvieringe vanaf 08:00 – 17:00. Die R60-ingangskaartjie bied toegang tot:

Botaniese Kunsuitstalling: ‘n saamgestelde versameling van oorspronklike werke deur Suid-Afrika se top botaniese illustreerders en kunstenaars, insluitende verkope.

Skaars plantverkopers: inheemse en eksotiese vetplante, vleisetende plante, skaars aroïede, bolle, en hope spesiale plante, insluitend spesiale vrystellings van die USBT se seldsame plante.

Kontemporêre kunsuitstalling van bekende Suid-Afrikaanse skilders, keramiekkunstenaars, drukkuns en houtdraaikuns.

Kom kyk hoe die wêreldbekende landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe bou aan ‘n groot beeldhoukunswerk wat ‘n plaaslike bedreigde plant en die USBT-missie uitbeeld.

Keramiekkuns, beeldhouwerke en plantkuns dwarsdeur die tuin.

Botaniese-tema-geskenk-, huisware- en dekorverkope. Reproduksies van hoë gehalte van historiese plantillustrasies wat nie voorheen vrygestel is nie.

Lewendige etensuurmusiek.

Wyn- en jenewerproe.

Geskeduleerde aktiwiteite in die tuin:

09:00-10:00: Haal asem in die tuin, yoga of pilates sessies.

10:00 – 11:00: Daaglikse kuratorstoer: leer van bewaring en die tuin se strategie, geskiedenis en nog vele meer. Stap saam met dr Donovan Kirkwood, USBT se kurator, vir ‘n uur-lange stap deur die tuin waar hy sy ongelooflike kennis en ervaring van hierdie unieke plek met jou deel.

12:00 – 13:00: Daaglikse gesprekke oor spesialisvelde soos medisinale plante, die unieke Kaapse flora en inheemse plante. Spesiale sprekers sluit in professors Nox Makunga, Leanne Dreyer, Guy Midgley, dr Itumeleng Moroenyane en dr Paul Hills.

Daaglikse werkessies van 2-3 ure moet vooraf bespreek word (R500 – R850). Werksessies sluit in drukwerk met botaniese plante, sianotipe-vervaardiging, meesterklasse in terraria, voortplanting en bonsai. Bespreking vir alle werkssessies sluit ‘n dagpas in.

Spesiale middagetes, piekniekmandjies en drinkgoed sal in die tuin beskikbaar wees.

You need to be Logged In to leave a comment.