US-koor weer beste ter wêreld

Die Universiteit Stellenbosch se koor het weer die boonste posisie op die gesaghebbende Interkultur-Wêreldranglys ingeneem.


Die Universiteit Stellenbosch se koor het weer die boonste posisie op die gesaghebbende Interkultur-Wêreldranglys ingeneem.

Interkultur het onlangs die nuutste ranglys bekend gemaak. Die US-koor beklee reeds sedert 2012 die eerste plek op hierdie ranglys vir amateurkore.

“Ek is so trots op my koorlede. Hierdie erkenning vier die uitsonderlike toewyding, geesdrif en talent van ons koor die afgelope 20 jaar,” sê André van der Merwe, dirigent van die US-Koor.

Interkultur, ’n internasionale kultuurorganisasie wat veral vir die organisering van die Wêreldkoorspele bekend is, stel dit ten doel om individue, nasies en kulture van oor die wêreld heen deur middel van sang te verenig.

Die koor bied eersdaags ’n gala-konsert in die Moederkerk op Stellenbosch (7 Mei om 19:30 en 8 Mei om 16:30) en by die Hugo Lambrechts-musieksentrum in Parow (15 Mei om 16:30) met ’n nuwe repertoire van ikoniese plaaslike en internasionale werke aan.

Kaartjies vir die optredes, via Quicket, is beperk as gevolg van covid-regulasies.

Die Universiteit Stellenbosch se koor is die oudste en mees gevierde universiteitskoor in Suid-Afrika. Die US-koor is in 1936 gestig met William Morris as dirigent.

Van die US-koor se liedere het al die miljoenkerf op YouTube verbygesteek. Dit sluit in “Say Something” (verwerk deur Pentatonix), 7,5 miljoen; “Baba Yetu” (Christopher Tin), 7,3 m; “All of Me” (John Legend), 2,9 m; en “Nkosi Sikelel’ iAfrika” (God Bless Africa; verwerk: André van der Merwe), 1,7 miljoen.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.