Die Universiteit Stellenbosch en Paul Roos Gimnasium het Dinsdag (12 Februarie) amptelik die eerste sooi gespit waar ’n derde hokkie-astroturfblad gelê sal word. Dié ontwikkeling vind langs die huidige Maties-hokkieveld plaas en beoog om PRG en die US se hokkie-aanbieding nog verder te verbeter. Sleutelrolspelers van dié projek, wat reeds sedert 2021 in wording is, het die spesiale geleentheid bygewoon. Van die gaste (van links) sluit in: Anche Nortjé (Maties-hokkiebestuurder), André van Staden (PRG-rektor), prof. Stan du Plessis (US-bedryfshoof), Irfaan Dalvie (senior bedryfsdirekteur) en Michael Baker (PRG-hokkiehoof).