Michelle Gouws, Clio Sass en Megan Arendse van die Universiteit Stellenbosch (US) se departement voedselwetenskap vertel ’n ouer meer oor die kursusse wat hier aangebied word op die US se opedag, wat Saterdag 20 April by die Stellenbosch- en Tygerberg-kampus aangebied is. Leerders, ouers en onderwysers het die US-kampusse en fakulteite besoek – die ideale geleentheid vir gr. 12-leerders om inligting oor studiegeleenthede, finansiële hulp, huisvesting en die studentelewe te bekom. Besoekers aan die Stellenbosch-kampus kon hul dag van verkenning by die algemene inligtingstalletjies begin en inligtingsessies bywoon. Op die bekende Rooiplein was stalletjies van private akkommodasie-entiteite, private instansies, Maties Sport en Pendal-studente- gemeenskappe, terwyl die koshuise ook vir besoekers oop was. Foto: Francois Lombard