Die Endler-konsertreeks bied Vrydag (6 September) om 19:00 die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO), onder leiding van Leon Bosch (foto), by die Endler-saal aan. Hierdie spesiale geleentheid is die tweede simfoniekonsert van 2024 deur die USSO, onder die bekwame leiding van maestro Bosch. Hy is met ’n loopbaan wat oor drie dekades strek, nie net bekend vir sy virtuose-kontrabas-uitvoerings nie, maar ook vir sy merkwaardige invloed as dirigent en opvoeder in die wêreldwye musiekgemeenskap. Die aand se program beloof om gehore te boei met uitgesoekte werke wat die briljantheid van die orkes sowel as die interpretatiewe diepte van die dirigent ten toon stel. Die konsert sal begin met die energieke en sprankelende ouverture uit Mikhail Glinka se “Ruslan en Ludmilla”, ’n stuk wat bekend is vir sy skitterende orkesvirtuositeit. Hierna sal die gehoor getrakteer word op Wolfgang Amadeus Mozart se “Sinfonia Concertante” vir viool en altviool, aangebied in ’n spesiale verwerking vir viool en tjello deur Peter Martens. Die konsert word afgesluit met Pyotr Ilyich Tsjaikofski se “Orkessuite Nr. 4, Op. 61 (Mozartiana)”, ’n werk wat selde op konsertverhoë gehoor word. Kaartjiepryse beloop R60 tot R165. Bespreek jou plek aanlyn deur Web

Credit: Juno Snowdon