Voertuigbestuurders word aangemoedig om veiligheid eerste te plaas, veral wanneer kinders in die voertuig is.Foto:


Die somervakansie en feestyd is ’n spesiale tyd vir kinders. Om hulle vreugde te ervaar is ’n seëning vir families.

Hierdie tyd van die jaar is daar ongelukkig meervuldige addisionele kinderveiligheid gevare. Netcare 911 het ’n paar handige wenke gedeel om beserings van kinders te voorkom.

“Enige ongeluk waar mense beseer word is erg, maar dis erger wanneer daardie persone kinders is. Ons vra alle voertuigbestuurders om die onskuldige lewens wat op die spel is in ag te neem elke keer wat hulle agter te stuurwiel inklim,” het Gary Paul, die hoof van kus operasies by Netcare 911, gepleit.

“Moet asseblief nie drink en bestuur nie; die nagevolge van alkohol op ons paaie is skrikwekkend hierdie tyd van die jaar. As verskaffers van mediese nooddienste, rig ons ’n versoek aan almal om die padreëls na te kom, hul veiligheidsgordels ten alle tye te gebruik, gereeld op die langpad stop vir ’n ruskans, en seker te maak kinders is veilig in hul karstoeltjies of met veiligheidsgordels vasgemaak, ongeag die afstand wat hulle reis.”

Shaun Paul, Gary se identiese tweeling broer is Netcare 911 se streeksbestuurder in KwaZulu-Natal, het gesê: “Uit ons ervaring van vorige jare weet ons dat dít ’n besonderse besige tyd op Suid-Afrikaanse paaie is, en dit lei gewoonlik tot meer mediese noodgevalle, veral wanneer mense nie ten volle aandag skenk nie.”

Hy het die volgende veiligheidswenke gedeel om so ver moontlik kinderbeserings in motorongelukke te voorkom:

• Bestuurder moegheid en dronkbestuur is twee van die groot en voorkombare bydraers tot padongelukke. Stop vir gereelde ruskanse en moet nooit onder die invloed van alkohol of dwelms bestuur nie.

• Hoe ten alle tye jou oë op die pad en wees waaksaam vir ander padgebruikers.

• Karstoeltjies is baie belangrik. Dis ook belangrik dat jy seker maak dat kinders in die agter sitplekke met veiligheidsgordels beveilig is en nie in die voorste sitplek nie.

• Kinders mag nie staan terwyl die motor beweeg nie.

• Moenie dat jou aandag deur mobiele toestelle afgelei word nie. Dit is ongelukkig iets wat gereeld gebeur.

• Moet nooit ’n kind of ’n bejaarde persoon in ’n geparkeerde voertuig los nie, al is dit vir ’n kort tydjie. Dieselfde reël geld vir diere. Onthou, voertuie word baie gou, baie warm, wat tot erge dehidrasie of sonsteek mag lei.

“Nog ’n kritiese aspek van veiligheid is mion nooit kinders sonder toesig te laat speel nie, want beserings en verdrinkings kan baie gou, dikwels stilweg, plaasvind. Moenie verwag om deur ’n geluid attent gemaak te word, indien jou aandag op ’n ander plek is, nie. Wanneer kinders in jou toesig is, moenie deur selfone of skootrekenaars afgelei word nie. Sit eerder jou foon neer en spandeer kwaliteittyd met jou familie,” het Gary gesê.

“As jy nie kinders het nie, maar jy verwag gaste met kinders, maak seker dat jou huis veilig vir die kinders is en dat alle medisyne, skoonmaakmiddels en moontlike skadelike items buite hulle bereik is. Sluit en beveilig kaste met hierdie inhoud, want nuuskierige kleintjies kan hulle hande op enigiets kry wat maklik bereik kan word.

’n Toenemende algemene “verstekte” gevaar oor die feesseisoen is kinders van lithium of “knoppie” batterye, wat in speelgoed, afstandbeheerders, horlosies en huis toestelle gevind word, per ongeluk sluk. Indien die battery, wat soms so klein soos ’n 20-sent muntstuk is, gesluk word, kan dit in die lugweë vassit, erge brande in die slukderm veroorsaak en, tragiese, dalk noodlottige gevolge het.

“Ouers moet van die toestelle en speelgoed met dié batterye in hul huise bewus wees en verseker dat die battery-komponent agter met skroewe of kleefband vasgemaak is. Moenie batterye waar kinders dit kan vind laat rondlê nie,” het Shaun gemaan.

“Soos met alle noodpersoneel is die werk van ’n paramedikus ’n roeping en ’n vervullende professie, en ons is almal passievol oor wat ons doen, maar voorkoming is altyd beter. Deur publieke bewustheid en verantwoordelike voorsorgmaatreëls, is dit moontlik om uit die staanspoor som ongelukke te verhoed.

“Operasionele gereedheid, uitgebreide beplanning, strategiese vennootskappe en spanwerk is van kritieke belang vanuit ’n nooddiens-perspektief, veral gedurende vakansieseisoen.”

You need to be Logged In to leave a comment.