Altesame 45 junior rugbyspelers en ses ouers van die Van der Stel-Evergreens-rugbyklub (VDE) het Saterdag 23 Maart die Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting (VRK) tussen die DHL Stormers en Edinburgh in die DHL-stadion in Groenpunt bygewoon. Vir baie was dit ’n eerste keer om ’n professionele rugbywedstryd by te woon en om te sê dat die spelers opgewonde was, weerspieël nie die atmosfeer wat in die bus op pad na Groenpunt geheers het nie. Die kaartjies is deur een van die Stormers se afrigters geskenk aan Shelvin Africa, wat op sy beurt die busvervoer vir die geleentheid geborg het. Die spelers wat in hul VDE-klere gepronk het, was spelers van die o.10-, o.12-, o.14-, o.16- en o.18-spanne. Ongelukkig kon die spelers nie hul helde ontmoet of foto’s saam met hulle neem nie, want die spelers moes ná die wedstryd in Vlottenburg, Jamestown, Cloetesville en Idasvallei afgelaai word.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.