Deur die jare was die skool die plek waar kinders opgevoed is in dissipline, gehoorsaamheid, respek en geleer is om in groepe saam te werk.

Die rottang was die metode wat gebruik is om almal in toom te hou. Dit was soms nie ’n plesier nie, maar dit het die nodige uitwerking gehad. Daar was dissipline, gehoorsaamheid, respek, samewerking, ondersteuning en omgee vir mekaar en (veral!) mekaar se besittings en behoeftes.

Daar was wel dié wat soms uitgehaak het, maar hulle is gou reggesien. Die onderwysers konsonder moeite aangaan met lesse, opvoeding en ondersteuning. Ja, hulle kon hulp verleen oral waar hulle kon. Dit was vir almal ’n plesier om skool te gaan en te leer asook om skool te hou en ander te leer. Jy het die skool se klere en naam met trots gedra. Die skool was die trots van die gemeenskap. Daar was samewerking tussen die ouers en die skool. Groot respek was daar oral vir onderwysers, hoofde en skole. Meester was die slimste en wysste in die gemeenskap. Algar het na meester gekom vir raad van enige aard. Ek kan onthou jy kon, byvoorbeeld, nie gaan kla by die huis nie, want dan kry jy nóg ’n pak slae. Meester was altyd reg en jy verkeerd.

Nou vra almal: “Waar het alles verkeerd gegaan? Waarheen het alles verdwyn?”

Kom nou, hoofde, onderwysers, ouers, leerlinge, kerkleiers, sportleiers. Kom ons vat eienaarskap van die skole weer terug en laat ons brugbouers wees.

Staan op vir jou skool!

Deon Arends,

IDASVALLEI

You need to be Logged In to leave a comment.