Hiermee gee ek my misnoeë en verontwaardiging te kenne oor die sekswinkel in ons dorp (“Dorp gons oor nuwe ‘sekswinkel’ ,” Eikestadnuus, 28 April).

Ek, wat vir jare groot agting vir die De Canha’s gehad het, is egter baie teleurgesteld dat hulle sonder die inagneming van die gemeenskap so ’n vieslike winkel toegelaat het. Dan noem hy dat ons moet groot raak . . . Ek dink eerder hy moet groot raak!

Luvland hoort nie in ons dorp of selfs buite die dorp nie – geen sin nie! Ek doen ’n ernstige beroep op die inwoners van Stellenbosch om nie die winkel te ondersteun nie.

Indien die winkel nie summier sluit nie, is ons genoop om drastiese stappe te neem. Ook doen ek ’n beroep op kerkleiers om hul stemme te laat hoor.


Edward Crowley,

Cloetesville

You need to be Logged In to leave a comment.