VDS-netbal het ’n nuwe tuiste

Met die Wêreldbeker-netbaltoernooi om die draai het Van der Stel-netbalklub (VDS) nie net ’n nuwe tuiste gekry nie, maar hul spelers presteer in die nasionale kompetisies.


Met die Wêreldbeker-netbaltoernooi om die draai het Van der Stel-netbalklub (VDS) nie net ’n nuwe tuiste gekry nie, maar hul spelers presteer in die nasionale kompetisies.

VDS-netbalklub se tuiste is nou permanent na die Woodmill-leefstyl-binnehuisesentrum verskuif waar hulle drie onderdakbane het en dit groot bydra lewer tot die ontwikkeling van netbal.

Freda Kemp, wat ook die hoofafrigter is van die Aramex Eagles, is aangewys as die hulpafrigter van die Tornado’s wat in die B-afdeling speel van die nasionale Telkomliga wat tans uitgesaai word.

Ná die eerste ronde lê die Tornado’s vierde en die Stings derde op die ranglys. Die kompetisie is nog ver van klaar en albei spanne het nog genoeg geleentheid om boaan die punteleer te eindig.

Die netbalklub van Stellenbosch word verteenwoordig deur Lauren Adendorf, die afrigter Freda Kemp en Rochelle Rossouw in die Tornado- span. Anke Uys, Caleigh Stuart en Rieze Straueli verteenwoordig die Stings in die A-afdeling.

Nie net die seniors spelers presteer nie, maar die Aramex Eagles se jong senter, Adri Carstens wat die susterskind is van Kemp, is aangewys as die beste senterbaanspeler by Wildeklawer en haar o.18-Paarl Girls High-span het eerste geëindig in die kompetisie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.