Van Der Stel-gimnastiekklub kyk met trots terug op ’n goeie kompetisieseisoen nadat die artistiese en ritmiese gimnaste by die onlangse Kaapse Wynlanddistrik- proewe en Wes-Kaap-proewe weer ’n string medaljes verower het.
Artistiese gimnaste
Anina Rademeyer (vlak 4, 10 jaar) het ’n eerste algeheel plek en eerste balk, tweede spronge en derde vloer en brug behaal. Cate Venter (vlak 4, 12 jaar) ’n derde algehele plek en tweede plek op vloer en derde plek op spronge, balk en brug behaal het.
Ansua Pretorius (vlak 4, 14 jaar) het ’n tweede algehele plek en eerste plek op spronge en tweede plek op brug, balk en vloer behaal.
En Fila-Marie Lategan (vlak 5, 11 jaar) het ’n eerste algehele plek en eerste plek op brug, balk en tweede plek op spronge en vloer behaal.
Ingrid Fourie (vlak 5, 12 jaar) behaal ’n tweede plek algeheel en eerste plek op spronge en vloer en tweede plek op brug en balk en Hannah-Grace Albertyn (vlak 6, 14 jaar en ouer) behaal ’n tweede algehele plek en eerste plek op balk en vloer en tweede plek op spronge en brug.
Salomie Rademeyer (vlak 7, 14 jaar en ouer) het ’n eerste algehele plek en eerste plek op balk, tweede plek op brug en derde plek op vloer behaal.
Ritmiese gimnaste
Anke Visser (Senior Olimpies) het ’n algehele eerste plek behaal en kom eerste vir hoepel en knuppels en tweede vir bal en lint, terwyl Nika Visser (Senior Olimpies) ’n algehele tweede plek en eerste plek vir bal en lint en tweede plek vir hoepel en knuppels behaal het. Jo-Ann Meldau (Senior Olimpies) het derde gekom vir lint.
Dié groep van nege gimnaste het drie algehele plekke en 14 apparaat-medaljes tydens die Wes-Kaapse proewe verower. Vir Senior Olimpiese Ritmiese gimnastiek was Nika Visser tweede algeheel en eerste vir hoepel en bal, en derde vir knuppels en lint, terwyl Anke Visser derde algeheel en tweede vir knuppels en lint, en derde vir hoepel en bal gekom het.
In die Vroue Artistiese Gimnastiek het Anina Rademeyer eerste algeheel gekom en eerste op spronge, brug, balk en vloer vir vlak 4, 10 jaar. Fila-Marie Lategan was eerste op brug vir vlak 5, 11 jaar en Salomie Rademeyer het derde op brug vir vlak 7, 14 jaar en ouer gekom.
Vyf artistiese gimnaste onder wie Anina Rademeyer, Cate Venter, Fila-Marie Lategan, Hannah-Grace Albertyn en Salomie Rademeyer, en twee ritmiese gimnaste, Anke en Nika Visser, is ook gekies om die Wes-Kaap te verteenwoordig tydens die SA Gimnastiek Spele wat van 29 September tot 5 Oktober in Gauteng plaasvind.
Die Van Der Stel Gimnastiekklub is baie trots op die gimnaste se prestasie en wens hulle alle sterkte toe vir die komende spele.