Kinderbeskerming was Maandagoggend (13 Mei) in Cloetesville die fokus by ’n praatjie, wat deur die Khula-ontwikkelingsgroep aangebied is. Tydens die praatjie met ouers, voogde en gemeenskapslede is veiligheidswenke gedeel en bewoners is verduidelik hoe en waar hulle vir hulp kan aanklop wanneer nodig. Bekommernisse oor veiligheid in en om die huis is gedeel deur onder andere (van links) die maatskaplike werker Lauren Cyster, Anelise Dynota, oftewel Go-Go, en haar maatjie So-So, Gadieja Pasquallie en Stellenbosch se takbestuurder vir Khula, Annieka von Wielligh. Saam besoek Go-Go en So-So ook plaaslike skole om veiligheid onder die kleinspan te bevorder. Foto: Yaël Malgas