Ná drie maande van reis en musiek maak in Europa, is die Stellenbosse sanger Luna Paige terug op tuisbodem en gereed om plaaslike gehore met haar Tuiskoms-toer te vermaak. Die landwye toer wat by intieme venues gehou word, maak Sondag 27 Oktober ’n draai by die Daisy Jones-kroeg op die Summerhill-landgoed. Paige het in April haar twee nuwe albums, Dis die dorsen Harmony, bekendgestel. Dié opkomende toer bied musiekliefhebbers die geleentheid om haar musiek in sy mees outentieke en rou vorm te ervaar. Aan die einde van elke konsert sal die albums en spesiale Luna Paige-notaboeke te koop wees. Die konsert in Stellenbosch begin om 15:00, maar die deure open om 13:00. Kaartjies, teen R175 elk, kan aanlyn by Quicket gekoop word. Foto: Nardus Engelbrecht