Karén Devroop en Megan-Geoffrey Prins se unieke Duality-konsert bied jazz-saksofoon saam met klassieke klavier aan, en word vanaand (Vrydag 7 Junie) om 19:00 by die Endler-saal in Stellenbosch aangebied. Hul repertorium – wat wissel van John Williams en Astor Piazzolla tot Phil Woods en verdere oorspronklike komposisies – sal die tweevoudige aard van jazz en klassieke musiek, en die kruisbestuiwing van beide genres, ten toon stel. Duality is ’n unieke uitvoerings-konsep wat uit die behoefte gebore is om jazz en klassieke musiek te integreer. Die duo is gestig deur die internasionaal erkende saksofoonspeler Devroop, wat in 2022 een van Suid-Afrika se voorste konsertpianiste, Prins, genader het om saam aan ’n konsert te werk. Die idee was om jazz en klassieke musiek in ’n nuwe en unieke omgewing aan te bied waarin twee kunstenaars van verskillende agtergronde en opleiding kon saam musiek maak. Devroop en Prins het Duality in ’n reeks konserte die land heen opgevoer. Die konsert in Stellenbosch vorm deel van die Endler Prestige-konsertreeks en beloof om die gehoor vir die hele optrede vasgenael te hou. Kaartjiepryse kos van R60 tot R165