Vermeende rower doodgeskiet tydens sakeroof in Stellenbosch

Die omstandighede rakende ’n voorval waarin ’n sakeonderneming Dinsdagmiddag (4?April) in Merrimanlaan, Stellenbosch, beroof is en waarin een van die vermeende rowers doodgeskiet is, word deur die Stellenbosch-polisie ondersoek.

Die omstandighede rakende ’n voorval waarin ’n sakeonderneming Dinsdagmiddag (4?April) in Merrimanlaan, Stellenbosch, beroof is en waarin een van die vermeende rowers doodgeskiet is, word deur die Stellenbosch-polisie ondersoek.

Credit: Ane van Zyl

Die omstandighede rakende ’n voorval waarin ’n sakeonderneming Dinsdagmiddag (4 April) in Merrimanlaan, Stellenbosch, beroof is en waarin een van die vermeende rowers doodgeskiet is, word deur die Stellenbosch-polisie ondersoek.

Dit is die tweede voorval van sakeroof binne ’n week in dieselfde straat.

Luidens ’n polisieverslag het vier onbekende gewapende mans ’n plaaslike kontantleningswinkel omstreeks 12:45 betree. “Een van die gewapende mans het ’n vuurwapen uitgehaal en willekeurig skote afgevuur. ’n Onbekende man (’n burgerlike) het gereageer en skote op die verdagte afgevuur, wat noodlottige beserings opgedoen het. Die slagoffer is deur die mediese personeel op die toneel dood verklaar,” het kapt. Nathalie Martin, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die ander drie verdagtes het van die toneel af gevlug, terwyl een van hulle ook in die skietery beseer is en met skietwonde in Ryneveldtstraat gevind is. Die slagoffer is na ’n nabygeleë hospitaal vervoer.”

In ’n ander voorval is nog ’n kontantleningswinkel verlede Maandag (27 Maart), óók in Merrimanlaan, beroof toe vier rowers die winkel geteiken het.

Die voorval het om 16:05 plaasgevind toe ’n onbekende gewapende man die winkel binnegekom en deur drie ander mans gevolg is.

Volgens die klaer, wat ten tyde van die rooftog op die perseel was, het een van die rowers in die deur gestaan ??terwyl die ander die klaer vasgegryp het.

Hulle het geld geëis en een van die rowers het die klaer met die vuurwapen op die linkerwang geslaan.

Die rowers het daarin geslaag om met ’n onbekende bedrag geld uit die winkel te vlug kort nadat ’n getuie ingestap en op hulle geskree het, wat hulle van die toneel af laat vlug het. Geen skote is gevuur nie.

Dit is in hierdie stadium onbekend of die twee voorvalle met mekaar verband hou..

  • Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting oor die verdagtes of die voorval om die polisie by 021 809 5015 te kontak.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.