Die saak teen die verdagte betrokke in ‘n voorval van verkragting by Universiteit Stellenbosch is uitgestel tot 5 Mei.

Michelle van der Spuy

Die saak teen die verdagte betrokke in ‘n voorval van verkragting by Universiteit Stellenbosch is uitgestel tot 5 Mei.

Die vermeende verkragter van ‘n vrouestudent by Universiteit Stellenbosch (US) is op borgtog van R500 vrygelaat.

Die 32-jarige verdagte het vanoggend in die Stellenbosch-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 5 Mei.

Die voorval het vermoedelik vroeg die oggend van Saterdag 2 April by ‘n parkeerarea tussen Metanoia en Heemstede plaasgevind.

Luidens ‘n verklaring deur die US het ander studente inligting verskaf wat tot die man se arrestasie gelei het.

Die man is nie ‘n student by die universiteit nie.

Dié voorval volg kort aanmelding van ‘n vorige beweerde verkragting by Harmonie in Februarie.

‘n Vergadering oor die verkragtingskultuur by die US is Dinsdag 29 Maart op die Rooiplein gehou en deur sowat 250 studente bygewoon.

Die Matie-kampus was Maandag 4 April stil met studente wat klasdraf soos gewoonlik en geen ooglopende toename in sekuriteit nie.

You need to be Logged In to leave a comment.