Vermiste paartjie se lyke in ‘n groot gat in Stellenbosch gevind

Die lyke van die vermiste Matie-student en sy vriendin, wat sedert Vrydag 21 Oktober vermis is, is Maandagoggend in ’n groot gat in Stellenbosch gevind.


Die lyke van die vermiste Matie-student en sy vriendin, wat sedert Vrydag 21 Oktober vermis is, is Maandagoggend in ’n groot gat in Stellenbosch gevind.

Die polisie op die toneel het bevestig dat die lyke dié van Ethan Kirkland (19) en Leila Lees (18) is, en dat hulle in die voertuig waarin hulle laas gesien is, gevind is. Die omstandighede rakende die voorval is steeds onbekend.

Ethan en Leila

Ethan Kirkland (19) was ’n BSC-student aan die Universiteit Stellenbosch en Leila Lees (18) ’n kelnerin by ’n restaurant op Stellenbosch.
Ethan en Leila

Die wrak is sowat 200 meter vanwaar Kirkland by die The Niche-woonstelle gebly het, gevind. Hulle is laas by die woonstel gesien.
Ethan en Leila

Die polisie op die toneel het bevestig dat die lyke dié van Ethan Kirkland (19) en Leila Lees (18) is en dat dit in die voertuig waarin hulle laas gesien is, gevind is. Die omstandighede rakende die voorval is steeds onbekend.
Ethan en Leila

Volgens ’n anonieme bron het Kirkland-hulle ’n vriend omstreeks 23:45 by sy woonstel in Claassenstraat afgelaai. Die kaart wys verder dat die twee omstreeks 23:53 laas in Jan Cilliersstraat gesien is.

Kirkland was ’n BSC-student aan die Universiteit Stellenbosch en Lees ’n kelnerin by ’n restaurant in die dorp.

Die nooddienste is na die toneel op die hoek van Paul Kruger- en Birdstraat in Stellenbosch ontbied kort nadat vier minderjarige seuns op die wrak afgekom het.

“Ons het tussen 09:00 en 10:00 hier verbygekom op soek na goed wat ons kan verkoop toe ons die wiele van die kar onder die water sien uitsteek. Ons het eers verbygeloop, maar toe ons terugkom, het ons nader gegaan om te kyk en die mense in die straat gevra om die polisie te bel,” het een van die seuns gesê.

Die wrak is sowat 200 meter vanwaar Kirkland by die The Niche-woonstelle gebly het, gevind. Hulle is laas by die woonstel gesien.

’n Soektog is Maandagoggend deur vriende en kennisse van die paartjie van stapel gestuur met twee WhatsApp-groepe van meer as 500 lede elk. Die wrak is kort voor die soektog, wat om 10:00 sou begin, gevind.

Op die WhatsApp groepe is ’n padkaart gedeel, met tydaanwysings van waar hulle Vrydagaand laas op beeldmateriaal gesien is.

Volgens ’n anonieme bron het Kirkland-hulle ’n vriend omstreeks 23:45 by sy woonstel in Claassenstraat afgelaai. Die kaart wys verder dat die twee omstreeks 23:53 laas in Jan Cilliersstraat gesien is.

“Die polisie is omstreeks na die dam 10:10 ontbied, waar slegs die wiele van die motor sigbaar bo die water uitgesteek het. Die duikeenheid van die polisie is ontbied en die liggame van die oorledenes is uitgehaal. Beide slagoffers is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar,” het die polisiewoordvoerder kapt. Nathalie Martin gesê.

“ ’n Geregtelike doodsondersoek is vir verdere ondersoek geopen en ons vra enigeen wat inligting het oor die ontdekking van die wrak om die Crime Stop- tolvrye nommer by 08600 10111 te skakel.”

Die families van die oorledenes kon nie ten tyde van publikasie vir kommentaar bereik word nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.