Die Victoriane-krieketklub het die afgelope naweek Maties-krieketklub, laat klippe kou.


Die Victoriane-krieketklub het die afgelope naweek sy ouer broer, die Maties-krieketklub, laat klippe kou en behoorlik vir ’n ses geklap in ’n Boland-krieket- Premier A-ligawedstryd op die Tassies-ovaal in Stellenbosch.

  • Vics het Saterdag (19 Oktober) die loot in die 50-boulbeurtwedstryd gewen en Maties ingestuur om te kolf. Ross Boast (71*; 6×4, 2×6) het ’n goeie beurt gelewer en was die Maties se top-lopiemaker in hul 270/7 (50 boulbeurte). Hy is goed ondersteun deur Daniël Ristow (

Vir Vics het Boaga Gaoraelwa (3/31) en Fayaad Daniels (3/45) die Maties-kolwers met uitstekende boulwerk omtrent laat rondstaan.

Op hul beurt het Vics (274/2) klinies en met ’n aanvalsplan te werke gegaan om die teiken te jaag.

Hulle het net 46 boulbeurte nodig gehad om die teiken te haal en het slegs twee paaltjies plat gehad.

Jason Muirhead het die aanval gelei en 124* lopies (10×4, 4×6) aangeteken, met waardevolle bydraes deur David Botes (67*; 7×4) en Corby van Heerden (44; 4×4, 3×6) in die agt-paaltjie-oorwinning.

Drie ander klubspanne in die Stellenbosch-streek het Saterdag en Sondag hul veldtogte in die T20-Gemeenskapsbekertoernooi se Premier A-reeks van stapel gestuur, terwyl ander hul ligaverpligtinge begin of voortgesit het.

. Wellington t. Coronations op die Pen Basson-ovaal:

Wellington 145/8 in 20 boulbeurte: Garreth Wolmarans (56; 2×4, 3×6); Shaun Wolmarans (43; 3×4, 3×6); en Frederick Hendricks 2/12 en Alfredo Adams 2/20.

Coronations 127/7 in 20 boulbeurte: Julio Meyer (67* 4×4, 2×6); Lishan Meyer (30; 2×4, 1×6), Kieran Dreyden 2/17; Roché du Plooy 2/16.

Coronations verloor met 18 lopies.

. Van der Stel t. Robertson op Bergsig:

Robertson 132/7 in 20 boulbeurte: Amré Konstabel (38; 4×4); Leolin Davids (32; 3×4, 1×6); JJ Lambrechts 3/19; Rayyaan Rhode 2/21.

Van der Stel 136/7 in 19 boulbeurte: Pieter Malan (71*; 4×4, 2×6); André Hanekom (20); Lefran Snyders 2/23.

Van der Stel wen met sewe paaltjies.

. Excelsior t. Spes Bona op die Idasvallei-sportveld:

Spes Bona 134/10 in 45 boulbeurte: Edgar Fortuin (50*); Charl Christians (32); Joeydrine April (25); Jean-Pierre Anthony 5/24; Doriano Claasen 5/26.

Excelsior 135/0 in 24.3 boulbeurte: Melvin Jaftas (70*); Yusuf Khan (43*).

Excelsior wen met 10 paaltjies.

. Coronations-vroue t. Stellenbosch-vroue op die Markötter-sportterrein:

Coronations 274/5 in 50 boulbeurte: Mia-Liz van der Vyfer (110*); Delmari Hoffman (59); Jolene Hendricks (26); Tinita van Zyl 2/60.

Stellenbosch 228/10 in 28.1 boulbeurte: Christen Hanekom (74); Chimeka Williams (32); Van Zyl (28); Maudeen Dampies 3/53; Esha Groenewald 3/19.

Coronations wen met 46 lopies.

Die komende naweek se ligabepalings:

  •  T20 Premier A-gemeenskapsbeker – Coronations t. Van der Stel (Pniël); Stellenbosch t. Wellington (Idasvallei); loslootjies: Maties en Victoriane.
  • Kaapse Wynlande- suidelike liga – Spes Bona t. Van der Stel III (Cloetesville); Klapmuts t. Excelsior (Klapmuts); Wemmershoek t. Raithby (Wemmershoek); Stellenbosch III t. Franschhoek (Idasvallei).
  •  Boland-vroueliga – Maties t. Coronations (Stellenbosch); Stellenbosch t. Caledon (Idasvallei).

You need to be Logged In to leave a comment.