Wat as ‘n woordewisseling tussen twee polisiebeamptes en die kurator van die Botaniese Tuine begin het, het in dreigemente van onder meer “ons gaan jou bliksem” en “ons gaan jou in die selle gooi” ontaard.
Dié voorval volg nadat Martin Smit, kurator van die Botaniese Tuine, ‘n Franse intern wat tans by hulle werk probeer help het om ‘n diefstal aan te meld.
Arnaud Calatayud is verlede week in Andringastraat aangeval en onder meer van sy paspoort beroof.
Hy het beide die Universiteit Stellenbosch se beskermingsdienste en die SAPD genader vir hulp, maar geen hulp ontvang het nie.
“Twee lede van die Stellenbosch-polisie het my kom sien en hulle wou op my latere navraag hulself nie identifiseer nie,” sê Smit.
“Ek het hulle daarop gewys dat dit nie die eerste keer was wat SAPD-lede geweier het om by ons verklarings af te neem nie.
“Die een beampte het heftig gereageer en gesê hulle hanteer nie sulke sake nie omdat hulle ‘n ooreenkoms met versekeringsmaatskappye het weens die groot voorkoms van versekeringsbedrog.”
Smit sê hy is onder meer beskuldig van oproerige gedrag en verset teen arrestasie en die beamptes wou hom arresteer.
Lees meer in vandag se uitgawe van Eikestadnuus.
LET WEL: Die video het geen klank nie as ‘n maatreël om nie die ondersoek te beïnvloed nie.