Die Primêre Skool Pieter Langeveldt vier op Vrydag 21 April hul 40ste bestaansjaar met ’n pretdraf.

Dit is die tweede keer dat die skool hierdie jaarlikse pretdraf aanbied.

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit is een van die hoofborge.

Die pretdraf sal by die Cloetesville-sportveld begin en eindig.

Leerders sal deur die strate van White City hardloop terwyl die ouer leerders ’n draai by Hendricksestraat sal hardloop.

Daar sal ’n medalje gegee word vir die drie leerders van elke klas wat eerste klaarmaak en elke leerder sal ’n sertifikaat vir hul deelname ontvang.

Die eerste wedloop begin om 09:00. Elke leerder wat deelneem sal ’n boereworsrol en koeldrank ontvang.

Die doel van die pretdraf is om die skool se leerders meer gesondheidsbewus te maak en hulle gesonder lewensgewoontes aan te leer.

Die skool sal dit baie waardeer indien die ouers langs die pad die leerders kan aanmoedig om hul beste te lewer.

You need to be Logged In to leave a comment.