Coenie de Villiers keer vir Valentynsdag (Vrydag 14 Februarie) na die Drostdy-teater terug met ’n program, Valentyn, ter ere van die liefde – op die einste dag wanneer die liefde wêreldwyd gevier en besing word. Aanhangers van De Villiers se werk ken hom as een van die skeppers van die mooiste liefdesliedere in Afrikaans. Uit sy pen en onder sy vingers vloei van die treffendste liriek en musiek oor die liefde. Daar is liedere wat wonder oor die aard van die liefde en komposisies wat die skoonheid daarvan besing. Maar dan is daar ook van die mees aangrypende werk in Afrikaans wat die verlies van liefde vasvang