Die dorpie van Jamestown, destyds bekend vir sy aarbeie en ryk geskiedenis, vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar en nooi almal om saam fees te kom vier.

Die Jamestown-stigting hou volgende Saterdag (28 September) vir dié verjaarsdag ’n dag gevul met verskeie feestelike aktiwiteite. Die dag begin met ’n erfenis-staptoer om 10:00 en daarna word foto’s by die Ou Skoolsaal geneem. Van 12:00 tot 15:30 maak Jamestown se museum sy deure vir besoekers oop. Om 16:00 vind ’n paneelbespreking oor die beskerming van die dorpie se erfenis in ’n veranderde landskap plaas.

Belangstellendes kom Saterdagoggend by die Ou Skoolsaal byeen om ’n dag van eeufees-feesvieringe met die inwoners van Jamestown te deel.

You need to be Logged In to leave a comment.